Description
Ek is geseën met die gawe van kreatiwiteit. As kind was ek selde sonder my sketsboek en potlood, maar as volwassene het ek ander paaie gevolg, waarvan nie een regtig my ingebore verlange na kreatiewe uitdrukking bevredig het nie.
Ek wou my talent begin uitleef en het gebid dat die Here my sou lei. In 2015 het ek begin skilder. Met ’n verfkwas in die hand het my siel lewendig geword en het ek nader as ooit tevore aan my Skepper gevoel. Sedertdien skilder ek voltyds.
Dit is my diepste begeerte om die Here deur my kuns te verheerlik. Mag my kuns jou inspireer om werklik raak te sien hoe die skepping getuig van die handewerk van die een, ware Kunstenaar. Mag my kuns getuig van vreugde en skoonheid in ’n wêreld wat soms donker en ontmoedigend is. Ek hoop my werk raak jou hart, bring hoop en herinner jou daaraan dat niks vir God onmoontlik is nie.
~Irene
I was blessed with the gift of creativity. As a child, I was seldom without my sketchbook and pencil, and yet in adulthood I followed different paths – none of which really satisfied my innate desire for creative expression.
I wanted to start living out my talent and prayed that the Lord would lead me. In 2015, I started painting. With a paintbrush in hand, my soul came alive and I felt closer than ever to my Creator. I have been painting full time since then.
It is my deepest desire to glorify the Lord through my art. May my art inspire you to truly see how creation testifies to the handiwork of the one, true Artist. May my art testify to joy and beauty in a sometimes dark and discouraging world. I hope my work touches your heart, brings hope and reminds you that nothing is impossible for God.
~ Irene







Reviews
There are no reviews yet.